Ek het onlangs ontdek dat ek ‘n passie het vir skryf. Dit nadat ek op hoërskool laas opstelle geskryf het. Daarom het ek besluit om die belangstelling verder te verken en te ontwikkel deur my eie blog te begin skryf.
My blog se naam is Mosaïek stories. Die naam mosaïek omdat ons almal êrens in die wêreld se groot legkaart inpas en elkeen in sy unieke manier gevorm is om presies in God se kunswerk in te pas.
Ek is baie opgewonde en hoop jy geniet elke storie saam met my.