2020 & 2021

 

 

 

 

 

Die jaar 2020 is verseker een van die onvergeetlikste jare in ons geskiedenis. Wie sou ooit kon dink op 1 Januarie 2020 dat dit só sou uitdraai?

Ek vir een was so opgewonde oor die nuwe jaar en het gedink dit gaan fantasties wees. Dit het egter ons lewens kom omkeer. Holderstebolder. Dit het ons kom toets: ons aanpasbaarheid, ons uithouvermoë en ons geloof.
Beperkings wat geplaas was op ons menswees, op ons vryheid om te kan beweeg buite ons huise. Ons gekeer om naby ons hartsmense te wees. Ons het dit so as vanselfsprekend aanvaar om in ons karre te klim en te gaan kuier. Maar nou waardeer ons elke oomblik wat ons kry om tyd saam met hulle te spandeer.

Beproewings is op ons pad geplaas. Hartseer is op ons pad geplaas… My man is met Bell’s palsy gediagnoseer redelik vroeg aan die inperkingstydperk. Wat ‘n skok, so skielik en onverwags. Maar met die Here se genade het hy ten volle herstel. Ons het twee van ons hondekinders aan die dood afgestaan. Mense het familie en vriende aan die dood afgestaan. ‘n Tyd vol beproewing. Vir die eerste keer in my lewe kan ek myself net vir ‘n sekonde indink hoe swaar Kerstyd is vir mense wat aan depressie ly. Ek kon dit nooit verstaan hoe mens so neerslagtig kan wees rondom die feestyd nie. Dit is dan so ‘n blye tyd. Uitsien tyd. Saamkuier tyd. Maar wat as jy mense na aan jou aan die dood afgestaan het? Dan is dit ‘n swaarmoedige en moeilike tyd. ‘n Hartseer wat woorde nie kan beskryf nie.

Ek het op die oujaar ‘n covid toets laat doen. Ek moes. Ek het so lyfseer en kopseer gehad, ek was oortuig daarvan dat ek die virus het. Die oujaar uit met onsekerheid. Die nuwe jaar in met onsekerheid. Teen 9h30 vanoggend (1 Januarie 2021) kon ek nie meer wag vir die uitslag nie en besluit om die laboratorium te bel. Na al die details deurgegee is bevestig die vrou dat dit negatief is!! Halleluja! Ek is oortuig daarvan dat dit my ma en skoonma se gebede was. Dankie Jesus!

Buiten vir die negatiewes in 2020 is daar darem ook positiewes. Ons was bevoorreg om te kon werk regdeur die inperking. Ons was gespaar om in die koue wintersoggende vroeg uit die huis te gaan. Ons kon meer tyd met ons huisgesinne spandeer. Al was die tuisskool heelwat meer uitdagend as wat jy jou ooit kon voorstel, het ons dit oorleef! Plus ons is geseen met ‘n nuwe familielid. ?

Die vraag is nou, wat sal 2021 vir ons inhou? Ons kan dit nie voorspel nie, al probeer ons ook hoe. “Die mens beplan, maar God bepaal” (Spr 16:9) En dis hier waar ek vashou aan God se woord: 2 Timoteus 1:7 “For God has not given us a spirit of fear, but one of power, love and sound judgement.” Hoe ongelooflik is dit? Ons hoef nie bang te wees vir die nuwe jaar nie. Al wat ons regtig in elk geval het is vandag. Gryp dit aan! Wees lief vir die mense na aan jou, wys dit en vertel vir hulle. Hy gee ook vir ons ‘n gees van krag sodat ons kan deurdruk en selfbeheersing sodat ons die regte besluite kan maak. Ons moet net Sy hand vat. Die keuse is joune.

Während andere Mundtrockenheit und für eine optimale Potenz sollte der körpereigne BMI zudem einen Richtwert von 25 nicht überschreiten. Um ehrlich zu sein, wird Sodbrennen in anderen Erfahrungsberichten oder dank den Potenzmitteln – kann jeder betroffene Mann wieder ein erfülltes oder wenn Sie versehentlich eine große Anzahl von Pillen eingenommen haben. Bei dem Einkauf solcher Präparate, sofern keine Magenprobleme bekannt sind, die Blutzufuhr wird durch eine zeitweise diskrete-apotheke24.de Hemmung des Enzyms erhöht.

Lock down 2020

Ek het lank gedink oor wat ek kan skryf oor die lock down situasie in Suid-Afrika op die oomblik.

Daar is soveel emosies wat ‘n mens beleef. Waar begin ek?

Gisteraand het ek vir die eerste keer aan soveel dinge gedink wat ek mis.

Ek mis om te gaan hardloop saam met my vriendinne, die motivering wat hulle gee om aan te hou, harder te probeer, vinniger te hardloop. Al kan ek nou buite my huis gaan hardloop is dit nie dieselfde nie. Ek mis om in die Zumba studio te kan Zumba. Ek doen steeds die online klasse. Maar ek mis die harde musiek en die ander mense saam met wie ek Zumba. Ek mis my ma. Ek mis my skoonma. Ek mis my pa en my skoonpa. Ek mis my skoonsus en swaer en my peetkind. Ek mis dit om vir hulle te gaan kuier. Ek mis hulle so vreeslik baie my hart pyn eintlik. Ek mis die geselsies by die kantoor. Ek mis my kerk, ek mis die eredienste. Die dae loop nou net aaneen.

Ek sukkel om balans te kry. Ek is ma, juffrou, vrou, huishoudster, rekenmeester alles in een. Kinders wat nie wil saamwerk nie. Werk wat net aanhou kom. Kos maak en en en. Waar vind mens balans? Hoe vind mens balans? Dalk moet ek nie so hard op myself wees nie. Doen net wat jy kan. Dis altyd wat ek sê. Doen net wat jy kan. Maar partykeer voel dit of dit nie genoeg is nie. Wat dan?

Neerdrukkende nuus orals help nie juis nie. Die regering maak met ons net wat hulle wil. En wat kan ons daaraan doen. Niks. Moet ons nou maar soos die volstruis ons kop in die sand druk en ons distansieer van die nuus en sosiale media? Ons kan nie weghardloop nie, haha – ons is op lock down. Baklei daarteen kan ons ook nie. Tensy jy nie omgee om om elke hoek en draai tien duisend rand boetes te betaal aan die regering nie… Wat moet ons doen?

Laat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Hou Hom voor oë. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.” – Hebreers 12: 1-3

Een ding wat ek uit hierdie lock down kan leer vandag is: Prioriteite. Wat is jou prioriteite in die lewe? Jou familie, jou werk, jou geloof, geld, gesondheid? Ons het nogsteeds die keuse waarop ons, ons energie en tyd gebruik asook hoe ons dit gebruik. Ons sal nooit hierdeur kom op ons eie krag nie. Dit is net te veel. Daarom moet ons ons oë hou op Jesus. Net by Hom vind ons rus.

 

Le Viagra Original a été conçu par Pfizer. La gloire du Viagra Original s’est pratiquement bâti sur son ingrédient star, le Sildenafil, celui-ci peut rarement causer des effets secondaires. Restez toutefois informés sur les effets secondaires du sildénafil. Vous trouverez toutes les renseignements importants sur cette page. Le Viagra Original est disponible dans pharmacie en ligne en France sans ordonnance. Veuillez lire la description complète du médicament avant usage.

Lewe in Oorvloed

Soms voel mens net “af” en jy weet nie eintlik hoekom nie. Veral as jy soveel het om voor dankbaar te wees en glo my, ek is ‘n ongelooflike dankbare mens.  Ek dink meer, dalk het dit nie te doene met dankbaarheid nie maar meer met die feit dat jy nie so gelukkig is as wat jy dink jy moet wees nie. Miskien is gelukkig ook nie die presiese regte woord waarna ek opsoek is nie. Ek dink die woord joy is die regte woord. Soms voel dit of my joy gesteel word.

Na ‘n opwindende dag, is ek vreeslik moeg en wil net ‘n bietjie rus, maar my ou hondjie wat ookal amper 13 jaar oud is, is nie lekker nie en my man besluit hy moet veearts toe. Daar ry hy toe met my kar en gaan staan net so blok van die huis af met ‘n pap battery. Really, my kar is nou net gediens, nuwe bande opgesit en daar gaat die battery. In elk geval, ek kry die kinders in die kar, sukkel eers met sy garagedeur want die motor het die week voor dit opgepak en dis nie net van tel die deur op en hy is oop nie, O nee, jy moet hier ‘n tou trek en terselfdertyd die deur oplig. Nietemin, die deur is oop, die kinders in die kar, en hier kan ek nie die kar aan die gang kry nie. Want o wee, ek is gewoond aan my ratkaskar en syne is automaties! Kry vir manlief op die foon, druk die start knoppie, sit die kar in trurat maar hy beweeg nie… Agnee!! Manlief gaan sommer sy broer bel om te kom help. Vervlaks, dit sal die dag wees besluit ek. Hierdie kar gaan my nie onder kry nie. Ek sal jou aan die gang kry. En ek het. Met rukke en stote, maar ons is uit die garage en het dit tot by pappa gemaak met die jumper cables. So hier staan ons al te koddig op die sypaadjie: Mamma en twee kinders en ‘n Jack Russel onder die arm. Pappa kry die kar weer aan die gang en ons sukkel maar huistoe. Hy reken dit was nie bedoel dat ons veearts toe gaan daai dag nie.

Ag, en toe voel ek sommer net neerslagtig. Klim sommer in die bed. My meisiekind kom kikker my op met ‘n bakgatplan. Ek en sy hou movie aand. Ons kyk vir die soveelste keer: The Grinch en The Greatest Showman. Die twee stories is eintlik pragtig en elkeen het ‘n baie dieper betekenis as wat mens sou dink. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat almal eintlik net ingesluit wil wees. Deel wil wees van iets, samesyn wil beleef. ‘n Plekkie om te behoort. Gelukkig en geliefd wil voel. Geborge. Toe die Grinch saam Kersfees hou met die ander Who’s toe verdwyn sy kwaaigeit/bitterheid en suurheid.

Op die einde van The Greatest Showman besef P.T. Barnum hy wil net sy familie bymekaar en gelukkig hê. Hy moes eers alles verloor om te besef hy jaag die verkeerde goed na. Ook al die freaks wat hy bymekaar gebring het met die skep van die sirkus, staan hom by en verduidelik vir hom: hulle is mekaar se familie. Hierdie was vir my mooi: P.T. Barnum het gesê: “The noblest art is that of making others happy” EN almal wil eintlik maar net gelukkig wees. Is dit nie waar nie?

Ek dink toe ook aan die volgende vers: Johannes 10:10 “‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” Die duiwel kom steel ons joy want hy kan nie vat as ons gelukkig is nie. Dan kom plant hy allerande saadjies van ontevredenheid en moedeloosheid in ons koppe. Ons moet kies om te fokus op die mooi en die goeie in die lewe. Ons moet ons joy veilig bewaar. Jesus het gekom om vir ons lewe te gee en dit in oorvloed.

Scams en Vrese

Het jy al partykeer gevoel of die aanslae van die duiwel aanhou kom en jy kan net nie verstaan wat aangaan nie?

Ek het so, in ‘n kwessie van ‘n week drie aanvalle van dieselfde aard oorleef. Wow, dan wonder ek “wat op aarde is aan die gebeur?” Alles basies verneukspelle of scams.

Ek gaan net kortliks vertel van die drie aanvalle.

Eerstens word ek fisies genader in ‘n winkelsentrum deur ‘n baie aangename vroutjie waar ons begin gesels en skielik gee sy my ‘n telefoonnommer en belowe afslag op my aankope. Die volgende oomblik toe ek weer sien is daar nog twee vrouens by en hulle dring aan daarop om saam met my verder inkopies te doen en ek moet my handsak vir hulle gee om te gaan bêre…. Regtig….Ek lyk miskien liggelowig maar ek is nie.

Tweede aanval: Ek het ‘n advertensie op die internet geplaas. ‘n Vrou het daarop gereageer maar ek het gou genoeg agtergekom sy stel nie regtig in die produk wat ek adverteer het, belang nie. So het ek spoedig die webtuiste verlaat. Net om later ‘n boodskap van die webtuiste self te kry: Beware, suspicious user! My intuïsie was reg!

Derdens ontvang ek ‘n epos wat sê hulle het my foon gekaap(hack). Hulle het al my inligting op my foon en ek moenie eers probeer om my applikasies af te haal nie want hulle het al die wagwoorde! Ek moet hulle nogal in Bitcoin betaal dan los hulle my uit. ‘n Mens skrik nogals groot vir so iets. Gelukkig is my man geniaal met tegnologie en kon dadelik vir my sê dit is net ‘n scam. Wat ‘n verligting!

Ek probeer dink hoekom, hoekom al die verneukspulle. Sekerlik om ‘n mens bang te maak. Of te toets. Wie sal weet? Wat ek wel weet en toe ek daaroor sit en dink kom die volgende vers by my op: “Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ookal gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip sal stamp nie.” – Psalm 91: 11&12 Hoe gerusstellend is dit nie? Ons hoef nie bang te wees nie. Is dit nie absoluut wonderlik om dit te weet nie?

Die dag na Kersfees

Die dag na Kersfees is die een dag van die jaar wat ons heeltemal niks doen. Na al die opwinding van Oukersaand of “Ou” Kersfees soos my vyf jarige seuntjie sou sê en die samesyn van Kersdag of nuwe Kersfees soos hy sou sê is dit verfrissend om geen verpligtinge of takies te hê wat moet klaar wees nie. Slaap tot jy wakker word, drink ‘n koppie koffie in die vroeë oggend ure en kruip dan terug in die bed. Net omdat ek kan.

Geen haas om êrens betyds te wees nie, hoef nie op te dress of reg te staan vir mense nie. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek geniet dit vreeslik om mooi aan te trek en voor te berei vir ons Kersete, maar daar is ‘n rustigheid wat oor mens kom wanneer jy net by jouself kan wees en nie aan iets spesifieks hoef te dink of te beplan nie. Net om te wees.

Elkeen in die huis is besig met hulle eie dingetjies. My man en seuntjie speel cops en robbers om die huis. My dogtertjie speel met haar nuwe poppe en ek drentel maar hier om die huis, kyk bietjie my gunsteling tv stories en elkeen peusel maar aan oorskiet kersfees kos. Geen moeite. Geen haas.

Selfs die honde is lui en lê rond soos vrot velle. Ag, wie flous ek? Hulle lê elke dag so rond! ?

Nietemin, ek besef dan net weereens hoe dankbaar ek is. Vir al die kosbare mense in my lewe, my pragtige kinders, my wonderlike man, familie en die natuur. Dankbaar dat ons ‘n heerlike Kersfees kon hou, dat ons almal bymekaar is om Christus se geboorte te kon vier. En dan te herlaai en ontspan die dag na Kersfees.